Vriende samel geld in om Pretoriusse te help

Vriende van baba, Madelein Pretorius, se ouers hou Saterdag ‘n pretdag by die ringbalbane in Dorpstraat om geld in te samel om hul finansieel te ondersteun om vir die enorme mediese uitgawes te betaal. Klein Madelein is sewe weke na haar geboorte op 27 Augustus dood nadat ‘n teratoom van 0,5 kg in haar gesig …

Vriende van baba, Madelein Pretorius, se ouers hou Saterdag ‘n pretdag by die ringbalbane in Dorpstraat om geld in te samel om hul finansieel te ondersteun om vir die enorme mediese uitgawes te betaal.
Klein Madelein is sewe weke na haar geboorte op 27 Augustus dood nadat ‘n teratoom van 0,5 kg in haar gesig kort na haar geboorte verwyder is. Sy het aanvanklik goed na die operasie herstel, maar uiteindelik was die stremming op haar sisteem net te veel. ‘n Teratoom is ‘n gewas wat verskillende weefseltipes soos vel, been, tande en hare bevat.
Die operasie is in die Unitas Netcare Hos­pitaal in Pretoria uitgevoer en die gesin se mediese fondsvoordele was onvoldoende om vir al die uitgawes te betaal.
Benewens ‘n potjiekoskompetisie, word daar ook ringbal en boeresport gespeel en spanne kan vooraf inskryf. ‘n Vlooimark, stalletjies en ‘n biertuin en veiling word aangebied en die dag word met ‘n dans met musiek deur die plaaslike Tempo Boereorkes afgesluit.
Ouers Renier en Belinda Pretorius se vrien­­din, Riana Nel en ander helpers het wyle Madelein by Child Medi Organisation geregi­streer en geld wat ingesamel en geskenk word, word direk by Child Medi Organisation inbetaal en deur dié instansie, wat al baie soortgelyke gevalle ondersteun het, geadministreer.
Child Medi Organisation se bankrekening is by FNB met nommer 626 325 810 56, takkode 250 655, verwysing Madelein.
Vir meer inligting oor die geldinsameling of om ‘n span in te skryf, kan Nel by 084 504 1675 geskakel word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version