Polisie waarsku na twee verdrinkings

Met somer om die draai en hoë temperature wat aansienlik styg, het die polisie gemeenskappe gewaarsku om versigtig te wees wan­neer hulle damme of riviere besoek om ernstige beserings en verdrinking te voorkom. Dit nadat twee lyke onlangs in twee afson­derlike voorvalle deur die polisie se soek- en reddingseenheid in Maake en Leboeng uit riviere …

Met somer om die draai en hoë temperature wat aansienlik styg, het die polisie gemeenskappe gewaarsku om versigtig te wees wan­neer hulle damme of riviere besoek om ernstige beserings en verdrinking te voorkom.
Dit nadat twee lyke onlangs in twee afson­derlike voorvalle deur die polisie se soek- en reddingseenheid in Maake en Leboeng uit riviere gehaal moes word.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê Lebo Phalane van die Gafane-nedersetting is op 10 September in die Maake-gebied buite Tzaneen as vermis aangemeld. Sy liggaam is later in ‘n nabygeleë rivier gevind.
Maphodisa Advice Sentsho van Willows-nedersetting buite Leboeng het op 12 September sy huis verlaat om glo die Stydomtonnel en watervalle te besoek. Ngoepe sê hy het glo rituele by die watervalle uitgevoer en sou dieselfde dag terugkeer huis toe. Sy liggaam is met behulp van ‘n lugmaghelikopter uit ‘n rivier in die gebied verwyder.
Beide voorvalle word nog ondersoek. Ngoepe sê al is watervlakke laag, skep dit steeds ‘n gevaar vir veral mense sonder swemopleiding en waarsku dat ouers ten alle tye bewus moet wees van hul kinders se doen en late en hulle nie sonder toesig in waterpoele, damme of riviere laat swem nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version