Local NewsNews

Hof beslis oor (volstruis) sonde met bure

In ‘n baanbrekerbeslissing wat regsekerheid oor die aanhou van volstruise in die onmiddellike omgewing van hoenderboere inhou, het die hooggeregshof in Polokwane Dinsdag in die guns van Limpopo se grootste eierprodusent, Lunds, beslis dat twee van sy bure binne twee dae alle volstruise in die nabye omgewing van Lunds se teelhoenderaanleg moet verwyder. Die hof …

In ‘n baanbrekerbeslissing wat regsekerheid oor die aanhou van volstruise in die onmiddellike omgewing van hoenderboere inhou, het die hooggeregshof in Polokwane Dinsdag in die guns van Limpopo se grootste eierprodusent, Lunds, beslis dat twee van sy bure binne twee dae alle volstruise in die nabye omgewing van Lunds se teelhoenderaanleg moet verwyder.
Die hof het na die aanhoor van deskundige getuies beslis dat volstruise ‘n wesenlike rol in die oordrag van die gevreesde H5N8 Avian Influenza-virus (AI) of voëlgriep speel.
Lunds het in ‘n dringende mosie aangevoer dat sy bure, Hans Zimmermann en Charl van der Merwe, vier volstruise op gedeeltes 23 en 24 van die plaas Snymansdrift aanhou en dit ‘n onnodige en onredelike bedreiging en risiko inhou vir die eierprodusent se voortbestaan, indien die volstruise besmet sou word met die virus en dit gevolglik oorgedra kan word aan die hoenders.
Dit is wyd bekend dat volstruise draers van voëlgriep is en dat hoenders in hul duisende van kant gemaak moet word, sou besmetting plaasvind.
“Die vier volstruise op die bure se grond hou ‘n werklike en wesenlike bedreiging vir die applikant se besigheid en sy voortbestaan in,” is aangevoer.
Die hof het die dringende interdik ten guste van Lunds toegestaan en beslis dat die eierprodusent binne 20 dae aksie moet instel om die kennisgewing van mosie ‘n permanente bevel van die hof te maak.

Storie: WILLIE ESTERHUYSEN
>>willie.e@mwebbiz.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button