AdvertorialBusinessNews

Kleuters grootste prioriteit by Die Ooievaar se Nes

Die Ooievaar se Nes is die ideale plek om jou kosbare bondeltjie liefde te laat deur die dag waar jy met ‘n geruste hart kan weet hul kry die beste sorg en opvoeding moontlik.

POLOKWANE – Maggie van der Spek, Eienaar van Die Ooievaar se Nes, vertel dat sy en haar suster op ‘n dag besig was met ‘n taak oor voëls wat hulle op die naam van die dagsorg laat besluit het.

“’n Ooievaar se nes is ‘n veilige, snoesige plek en dit is wat ek aan die kinders in ons sorg wil bied, ‘n veilige hawe waar hulle geliefd is,” verduidelik sy.

Dié dagsorg het reeds in 2013 hul deure en harte vir kinders oopgemaak en het aanvanklik slegs met vier of vyf kinders in haar sorg aan die skool se toekoms gewerk.

“Ek het vroeër ‘n tuisonderrigsentrum begin en toe dit goed op dreef is, het ek na ‘n nuwe uitdaging gesoek en besluit om ‘n sorgsentrum vir babas te begin. Dit het harde werk geverg om myself aan die publiek te bewys, maar ek het dit reggekry en sien tans na meer as 20 kinders om.”

Maggie vertel een van haar personeellede het by Rika Terblanche, eienaar van Babagim, klas gehad wat vir hulle gehelp het om soortgelyke oefening by die dagsorg toe te pas. Hulle het twee kort stimulasieklasse per dag vir die twee- tot driejarige kinders. Tydens hierdie klasse leer die kinders van kleure, bal gooi, verf, balanseer, bak en brou.

“Op Vrydae hou ons ‘n piekniekdag. Kleuters bring hul eie kosblikke waar ons dan sosiale vaardighede, soos deel en leer. Alles wat ons doen vind speel-speel plaas.”

Maggie vertel dat sy ook in die proses is om ‘n sweminstrukteur aan te stel wat swemklasse by die dagsorgsentrum sal aanbied.

Sy vertel dat sy en van die ander personeel noodhulpklasse geneem het en dat hulle maandeliks inspeksiebesoeke van die munisipaliteit en Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontvang.

‘n Klinieksuster kom ook maandeliks om seker te maak al die kinders ingeënt is. Haar personeel gaan deur ‘n streng keuringsproses voor hulle aangestel word.

“Volgens wet mag ons glad nie medisyne toedien nie. Ons kinders kry ontbyt, middagete en twee peuselhappies deur die dag. Die babas kry elke dag groente wat bydra tot hul gesonde dieet.”

Die Ooievaar se Nes is geleë op die hoek van Bendorrylaan en Lotteringstraat en registrasies vir 2018 is reeds oop.

Indien jy belangstel om jou kleinding by Die Ooievaar se Nes te laat versorg, skakel vir Maggie by 082 971 4078.

Juffrou Kayla Fourie sit en kuier by Mené Neethling, Lize Roodt en Marnus Marx.
Kayla Fourie en Maggie van der Spek (eienaar) saam met ‘n paar van die babas in hul sorg.
Juffrou Chanté Wheelan saam met Karli du Plooy, Zian Claasens en Ayden Fouche.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button