CrimeNews

Huurder beroof glo gesin en verdwyn spoorloos

'n Egpaar van Mokopane is van duisende rande se goedere beroof nadat hulle glo deur 'n huurder op hulle erf ingeloop is.

MOKOPANE – Chris en Tina Botha is steeds stomgeslaan nadat iemand wat hulle vertrou het, glo spoorloos met nie net hul voertuig nie, maar ook kontant verdwyn het.

Volgens Chris het hulle ‘n woonstel op hul erf verhuur nadat ‘n vriend die huurder aan hulle voorgestel het as sy swaer.

Hulle het toe verneem die man het nie ‘n ander heenkome nie en hy het voorgekom as ‘n “ordentlike” persoon.

Die items het verlede Woensdag uit die huis weggeraak, met die huurder skoonveld.

Tina het teen middagete besef die deure van die huis is oopgesluit en die sleutels, asook afstandbeheer, is weg.

“Ons voertuig, ‘n Ford Territory, is weg asook huisraad, juwele, kontant en elektroniese ware.”

‘n Klag van huisroof en diefstal is intussen by die polisie aanhangig gemaak.

Die gesin se voertuig is Saterdag in Meyerton opgespoor, maar die verdagte is steeds soek.

Indien jy inligting het oor die saak, kontak die ondersoekbeampte, AO Bentley Langa by 076 524 8224 of Chris Botha by 072 460 3329.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button