NewsSchools

Skole spook sake uit in gewilde sewestoernooi

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het Saterdag hul jaarlikse sewesrugbytoernooi aangebied met verskeie skole van regoor die provinsie wat teen mekaar kragte gemeet het. Skole wat gedurende dié toernooi presteer het, speel Saterdag in Mokopane waarna daar beslis sal word watter spanne na die Noordvaalreeks sal deurdring. Slegs o.15- en o.17-spanne neem aan die toernooi …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het Saterdag hul jaarlikse sewesrugbytoernooi aangebied met verskeie skole van regoor die provinsie wat teen mekaar kragte gemeet het.
Skole wat gedurende dié toernooi presteer het, speel Saterdag in Mokopane waarna daar beslis sal word watter spanne na die Noordvaalreeks sal deurdring.
Slegs o.15- en o.17-spanne neem aan die toernooi deel. In die o.15-afdeling het Hoërskool Ben Vorster met die beker weggestap terwyl die plaat aan Hoërskool Piet Potgieter, die komtrofee aan Hoërskool Merensky en die skild aan Hoërskool Frans du Toit oorhandig is.
In die o.17-afdeling het Hoërskool Pietersburg (PHS) die beker verwerf terwyl die plaat, komtrofee en skild deur Ben Vorster, Curro Heuwelkruin en Hoërskool Hans Strijdom onderskeidelik gewen is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

CJ Nel van Tommies se o.17-span dink dit is makliker langs die kantlyn af, maar loop hom vas.
Jan-Hendrik Weyer van PHS se o.15-span ontglip sy opponent.
Tommies se Herman Potgieter, o.17, meet kragte met sy teenstander.
Juan Greyson van PHS se o.15-span omseil sy opponent.

Related Articles

Back to top button