Oulike feetjies en kabouters vier lentedag

Kleuters by Speeltyd Kleuterskool het behoor­lik baljaar toe hulle Vrydag as deel van dié skool se lentevieringe soos feetjies en kabou­ters kon aantrek. Volgens Sonja de Jager, skoolhoof, kon leerders en personeel volgens dié tema aantrek nadat elk ‘n donasie van R20 aan die skool gegee het wat aangewend sal word om radio’s vir elke …

Kleuters by Speeltyd Kleuterskool het behoor­lik baljaar toe hulle Vrydag as deel van dié skool se lentevieringe soos feetjies en kabou­ters kon aantrek.
Volgens Sonja de Jager, skoolhoof, kon leerders en personeel volgens dié tema aantrek nadat elk ‘n donasie van R20 aan die skool gegee het wat aangewend sal word om radio’s vir elke klaskamer aan te koop.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Zander Prinsloo is soos een van Kersvader se helpers aangetrek terwyl Lianke Jacobs, Alexa Myburg en Monique de Waal pragtige feetjies is. Agter is personeel wat seker maak die babas is veilig.
Delano Zanna en Marinus Janck, voor, as kabouters. Agter is feetjies Isabella de Bruto, Hermieke de Wet, Kate-Lynn Ferns en Lanika Brand.
Connie Dipanyekga, Speeltyd Kleuterskool-algemene werker, Petro Kruger, leerkrag, en Johanna Dipanyekga, algemene werker, vier lente saam met die kleuters.
Exit mobile version