NewsSchools

Kleuters hou piekniek om lente te vier

Met die geur van bloeisels in die lug en ‘n soel briesie wat waai, is lente die ideale tyd vir piekniek hou wat die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool inderdaad Vrydag gedoen het. Volgens Lize van Dyk, Suikerbekkie-hoof, kon kleuters hul eie piekniekmandjies saambring en die lekkernye tydens pouse saam met maats geniet. Die beertjieklas het …

Met die geur van bloeisels in die lug en ‘n soel briesie wat waai, is lente die ideale tyd vir piekniek hou wat die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool inderdaad Vrydag gedoen het.
Volgens Lize van Dyk, Suikerbekkie-hoof, kon kleuters hul eie piekniekmandjies saambring en die lekkernye tydens pouse saam met maats geniet.
Die beertjieklas het ook ‘n verskeidenheid lekkernye soos kolwyntjies, koekies en jellie­bakkies aan die res van die skool uitgedeel.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Voor is Dion Pelzer en Mhonita Steyn met Liané de Beer, Ru-Anel Gouws, Shellain van der Wath en Minanté du Preez agter.
Suikerbekkies verwelkom die lente. Voor is Liam Venter en Junior Makgoka. Agter is Petrus Joubert en Hector Swart.
Kreatiewe tuisgebak is aan die kleuters uitgedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button