‘Dinge verander so vinnig, leef elke sekonde asof dit jou laaste is…’

Vir die 15-jarige Angelique Jacobs was die kuier saam met vriende iets waarna sy uitgesien het en opgewonde oor was, maar dié emosies het in 'n oogwink in vrees, hartseer en verwarring ontaard.

POLOKWANE – Saterdag, 9 September was sy en drie van haar vriende oppad na ander vriende se huis vir ‘n aand van geselligheid en braai toe hulle in ‘n noodlottige ongeluk betrokke was wat in twee van haar vriende se dood geëindig het.

Die sedan waarin Dawid Mostert en Christian Smit die naweek in ‘n botsing in Ladanna oorlede is.

Hulle was skaars ‘n paar blokke van haar huis af toe alles in ‘n oogwink verander het.

Angelique vertel hoe alles gebeur het:

Vroëer die dag het Angelique en haar suster, Desiree op hul linkerarms ‘n tatoeërmerk laat voltooi wat die woord ‘Ohana’ bevat wat familie beteken met hartkloplyne aan weerskante van die woord.

“Dit is daar gesit vir my familie aan die linker kant waar my hart klop want hulle is my hart. Nou staan dit vir my vriende wat hul lewens verloor het want hulle was ook soos my familie en hulle het sal altyd in my hart bly,” verduidelik Angelique.

Sy vertel dat sy met mense wil praat oor dinge wat sy beleef het en hoe iemand se keuse om iets in ‘n oogwink te doen vir iemand anders jare se pyn kan veroorsaak.

Van die twee oorledenes, Dawid Mostert en Christiaan Smit, se vriende beplan om by hul gunsteling plekke te kuier en net saam te lag soos wat hulle sou as hulle nog hier was.

“Ek hoop dat ek mense kan help om die gevolge van hul besluite te besef deur my storie te deel. Die lewe is kosbaar en ‘n mens moet elke sekonde lewe asof dit jou laaste is want dit is dalk,” vertel sy.

 

*Die gesamentlike begrafnis vir Dawid Mostert en Christiaan Smit word Vrydag om 10:00 vanuit die Agapé Kerk in Kiddslaan Ivydale gehou.*

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version