NewsSchools

[HOOGTEPUNTE] PHS revue op die planke

Die kaartjies vir vertonings is nou beskikbaar by die skool.

Met kleur en klank beloof die leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) om die gehoor stomgeslaan te laat met vanjaar se revue.

Kaartjies vir die aandvertonings is soos vorige jare bespreekte plekke dus word daar gevra dat kaartjies vroegtydig bespreek word om teleurstelling te vermy. Kaartjies vir die revue kan by die skool se finansiekantoor gekoop word; kaartjies vir die gala-aand kan by Elmari Craig bespreek word.

PHS Skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê daar is nog ‘n beperkte hoeveelheid gallery-kaartjies vir die gala-aand beskikbaar teen R100 per kaartjie en sluit ‘n vingerete in.

Die datums van die laaste vertonings is:

• Dinsdag, 12 September om 18:30 vir Gr 10 tot 12 leerders en ouers teen R60.

• Woensdag, 13 September om 18:30 vir ouers teen R60.

• Donderdag, 14 September is die gala-aand om 18:30. Tafels beskikbaar teen R150 per persoon (reeds uitverkoop). Gallerykaartjies teen R100 per persoon (vingerete ingesluit).

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button