Local NewsNews

BREAKING NEWS – Twee GPF-lede sterf in ongeluk

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat twee lede van die Ladanna GPF gisteraand (Saterdag) in ‘n botsing op die hoek van Witklip- en Doornkraalstraat dood is. Volgens inligting het die bestuurder van ‘n bakkie waarskynlik die verkeerslig op die kruising waar die ongeluk gebeur het, verontagsaam en met die sedan waarmee Dawid …

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat twee lede van die Ladanna GPF gisteraand (Saterdag) in ‘n botsing op die hoek van Witklip- en Doornkraalstraat dood is.
Volgens inligting het die bestuurder van ‘n bakkie waarskynlik die verkeerslig op die kruising waar die ongeluk gebeur het, verontagsaam en met die sedan waarmee Dawid Mostert, Christian Smit en drie ander gery het, gebots. Aanvanklik is verneem dat die twee patrollie gery het toe die ongeluk gebeur het, maar Polokwane GPF-skakelbeampte, Johan Retters sê dit is onwaar en dit is nie duidelik waarheen hulle op pad was nie. Die ander drie insittendes het veelvuldige beserings opgedoen.
“Dit is baie hartseer as ons lede op so wyse verloor. Ons innige meegevoel met die familie,” het Retters gesê.
Westenburg polisiewoordevoerder, Mpandeni Nkuna het die ongeluk bevestig en gesê die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en ontvang behandeling in ‘n plaaslike hospitaal.

Storie: RC Myburgh

Related Articles

Back to top button