NewsSchools

Nuwe swembad vir Hoërskool Piet Pot

'n Sooispitseremonie is Dinsdagmiddag by die skool se ou swembad gehou nadat Tuks Mokopane Swemklub en die skool hande gevat het om hierdie spoggerige bate op die been te bring.

MOKOPANE – ‘n Splinternuwe  swembad wat onder meer gebruik sal word vir provinsiale galas gaan binnekort ‘n werklikheid word wanneer bouwerk by Hoërskool Piet Potgieter begin.

Die swembad van Piet Pot is al ‘n geruime tyd buite werking en daar word nou opgewonde uitgesien na ‘n blink nuwe bad waar die skool se swemmers kans sal kry om in skool-, klub- en provinsiale galas teen mekaar mee te ding.

Die huidige swembad sal herstel word tot ‘n pragtige nuwe 25 m x 13,5 x 6 baan sement swembad. Benewens verhitting, sal daar ook netjiese pawiljoene en afdakke opgerig word.

HPP is bekend vir sy top swemmers wat deur Awie Hattingh van die swemklub afgerig word.

Die skool het die afgelope nege jaar koning gekraai tydens die sweminterhoër met Hattingh as afrigter. Die swemmers moes egter vir lank sonder ‘n eie swembad klaarkom.

Tuks Mokpane Swemklub se ouers het hulle hande diep in hulle sakke gesteek, ingespring en borge gesoek en is steeds fluks daarmee besig om hierdie groot droom te verwesenlik. Indien daar besighede of mense is wat betrokke wil raak, kan hulle gerus die swemklub by 082 856 1678 skakel.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button