Local NewsNewsUpdate

Bekende regsman was altyd ‘n ‘baie positiewe mens’

Benno de Klerk is gisteraand oorlede, geen gemene spel word vermoed nie

POLOKWANE – Vriende, familie en kollegas van die bekende regsman, Benno de Klerk het met skok verneem dat sy liggaam Maandagaand in die parkeerterrein buite die praktyk, DDKK waar hy hoof uitvoerende beampte was, gevind is.
Sy liggaam is naby sy bakkie gevind, geen gemene spel word vermoed nie.
‘n Handwapen is op die toneel gevind.
‘n Kollega en woordvoerder vir die familie en firma, Gert Ehlers, was een van die laaste mense met wie De Klerk Maandagmiddag gepraat het, sowat ‘n uur voor sy dood. Hy het aan Review genoem dat De Klerk nog altyd ‘n baie positiewe mens was. “Daar is nog baie vrae rondom sy dood en ons sal seker môre (Woensdag) die uitslae van die forensiese ondersoek kry,” sê hy.
Die regsfirma is vandag (Dinsdag) gesluit na De Klerk se skielike dood.
De Klerk is in April vanjaar met Ilse Campbell getroud. Ehlers sê dat De Klerk haar seuntjie soos sy eie groot gemaak het en baie dinge saam met hom gedoen het, soos om hom te leer jag.
De Klerk, ‘n direkteur van die firma sedert 2000 en besturende direkteur sedert 2008, het bykans 30 jaar ondervinding in die regsbedryf.
Hy was hoof van die afdeling wat met kommersiële regsaspekte, litigasie en oordragte gewerk het. Hy het ‘n uitstekende suksesrekord gehad en hy het talle van die grootste besighede in die stad as kliënte gehad en was bekend aan meeste van die rolspelers in die besigheidswêreld.

Lees meer in Weekend Review oor hoe Benno se familie en vriende hom sal onthou

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button