Toyota Knights bring soet verrassing vir kinders

Kinders wat by Ivydale Shelter woon, was in hul noppies toe Faan van der Merwe, Hino Limpopo verkoopskonsultant en lid van Toyota Knights, Dinsdag handgebreide truie, kolwyntjies en lekkergoedpakkies by dié toe­vlugsoord afgelaai het. Volgens Van der Merwe het hy self vir die geskenke betaal wat deel vorm van Toyota Knights se deurlopende doelstelling vir …

Kinders wat by Ivydale Shelter woon, was in hul noppies toe Faan van der Merwe, Hino Limpopo verkoopskonsultant en lid van Toyota Knights, Dinsdag handgebreide truie, kolwyntjies en lekkergoedpakkies by dié toe­vlugsoord afgelaai het.
Volgens Van der Merwe het hy self vir die geskenke betaal wat deel vorm van Toyota Knights se deurlopende doelstelling vir lede om gebalanseerde leiers in hul werkomgewing sowel as in die gemeenskap te wees. “Ons doen wat ons kan om die lewens van die minderbevoorregte-inwoners te vergemaklik en om na behoef­tige mense om te sien.”
Drienie van Wyk, Vision of Hope Foundation-voorsitter, het Van der Merwe bedank en gesê dat die kinders sowel as hul ouers die gebaar baie waardeer.

Storie en foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

Exit mobile version