Kwaliteitdiens bly firma se eerste prioriteit

Daan Schoeman Finansiële Beplannings­adviseurs lewer reeds vir 38 jaar die beste moontlike diens aan ‘n immergroeiende kliëntebasis Die onlangse toevoeging van Vanessa Kruger tot die bestuurstruktuur ontsluit ‘n opwin­dende nuwe hoofstuk in die firma se bestaan. Kruger het 29 jaar ondervinding in die versekerings-, en finansiële bedryf en is ‘n reuse aanwins vir Daan Schoeman …

Daan Schoeman Finansiële Beplannings­adviseurs lewer reeds vir 38 jaar die beste moontlike diens aan ‘n immergroeiende kliëntebasis
Die onlangse toevoeging van Vanessa Kruger tot die bestuurstruktuur ontsluit ‘n opwin­dende nuwe hoofstuk in die firma se bestaan.
Kruger het 29 jaar ondervinding in die versekerings-, en finansiële bedryf en is ‘n reuse aanwins vir Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs. Haar insig en innove­rende idees beloof om die firma stewig in die toekoms te anker en nuwe groei te verseker.
Sy is in ‘n bestuurshoedanigheid aangestel, maar lewer ook kliëntediens. Kruger spesialiseer in lewensversekering, sakeversekering, aftreebeplanning, beleggingsbeplanning, boe­dels, trusts en testamente.
Uitvoerende direkteur, Daan Schoeman, het die firma in 1990 begin nadat hy sedert 1979 in die versekeringbedryf gewerk het. Tien jaar later het sy seun, DW, by hom aangesluit. Die firma beskik oor verskeie beleggingsfondse wat hul self bestuur en finansiële adviseurs hanteer kliënte se beleggings by verskeie beleggingsplatforms.

Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

DW Schoeman is die besturende direkteur van Daan Schoeman Finansiële Beplan­nings­adviseurs.
Vanessa Kruger is onlangs in bestuurshoedanigheid by Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs aangestel.
Johan van Huyssteen is een van die topklas finansiële adviseurs by Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs.
Maritza Pienaar, korttermynversekering-adviseur, spog met verskeie toekennings en prestasies.
Martie Coetser is reeds 14 jaar in die mediese fonds verkopebedryf en as makelaar by die Raad vir Mediese Skemas geregistreer.
Elmarie Coetser werk met korttermynonderskrywings en -eise by Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs.
Jannie Steynberg is ‘n korttermyn ver­sekerings-
adviseur me­t 27 jaar ondervin­ding.
Administratiewe klerk en steunpilaar, Elma Swanepoel.
Rudi Lindeque is ‘n finansiële adviseur met jare lange ondervinding.
Kliënte is verseker van topdiens in finansiële adviseur, Renske Lindeque, se hande.
Administratiewe klerk, Leonie Venter.
Rita van Deventer is ‘n administratiewe klerk met jare ondervinding by Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs.
Exit mobile version