Booswig slinger klip na vrou op motorfiets

‘n Jong vrou en kelnerin, Sammy Rowles (22) is verlede Woensdag omstreeks middernag ernstig beseer toe ‘n booswig haar glo met ‘n klip in die gesig gegooi het terwyl sy agter op ‘n motorfiets op die Landdros Maréstraat-verlen­ging wat later die N1-noord word, gery het. Rowles se verloofde, Kelly Corps, het die motorfiets tydens die …

‘n Jong vrou en kelnerin, Sammy Rowles (22) is verlede Woensdag omstreeks middernag ernstig beseer toe ‘n booswig haar glo met ‘n klip in die gesig gegooi het terwyl sy agter op ‘n motorfiets op die Landdros Maréstraat-verlen­ging wat later die N1-noord word, gery het.
Rowles se verloofde, Kelly Corps, het die motorfiets tydens die voorval bestuur en sê hulle het gelukkig nie vinnig gery nie omdat hul skaars by die T-aansluiting van die Bylsteelpad in die rigting van die stad weggetrek het toe die voorval gebeur het. “Sammy kon met impak haar bewussyn verloor en van die motorfiets afgeval het as ons vinnig gery het en die skade aan haar oog kon erger gewees het,” sê Corps.
Sy sê hulle werk beide by dieselfde kuierplek en ry gewoonlik Woensdagaande later omdat dit besiger is as ander weeksaande. “Ons het skaars weggetrek toe Sammy vir my sê iets het haar in die gesig getref en ek moet stop. Ek het aangery tot by die padstal naby die kruising met Veldspaatstraat waar daar meer lig is omdat dit te gevaarlik was om te stop. Toe ek sien hoe haar oog lyk en dat daar oral net bloed is, het ek tot by die vulstasie op die hoek gery en my bestuurder geskakel om Sammy hospitaal toe te neem,” sê Corps.
Rowles het toe reeds duiselig begin voel en Corps wou nie die kans vat om met haar agter op die motorfiets hospitaal toe te ry nie. Rowles is na die Polokwane Provinsiale Hospitaal geneem waar X-straalplate geneem en die wond geheg is.
Corps beweer dat hulle gereeld laatnag verskeie items in die pad in dié omgewing sien lê wat waarskynlik deur booswigte geplant is om motoriste te forseer om stil te hou. Dié aand het daar glo ‘n swart rugsak in die pad gelê wat sy moes vermy waarna Rowles oomblikke later getref is. “Ons vermoed dit was ‘n groterige klip of selfs ‘n halwe baksteen wat haar getref het. My valhelm het ‘n gesigklap, maar die een waarmee Sammy ry is vir veldfietse ontwerp en bied nie gesigsbeskerming nie.”
Sy het ander motorfietsryers gewaarsku om versigtig in dié gebied te wees. “Dit sal ook goed wees as die munisipaliteit straatligte in die gebied aanbring en die gras langs die pad kort sny,” meen sy.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version