Local NewsNews

BREAKING NEWS – Benno de Klerk se skietdood ‘onverklaarbaar’ – kollega

‘n Woordvoerder en prokureur van die regsfirma DDKK, Gert Ehlers, waar die bekende prokureur Benno de Klerk as hoof-uitvoerende beampte werksaam was, het bevestig dat hy die laaste persoon was wat Maandagaand met De Klerk gepraat het voordat hy kort daarna meegedeel is van sy dood in die parkeerarea van die besigheid. Ehlers het bevestig …

‘n Woordvoerder en prokureur van die regsfirma DDKK, Gert Ehlers, waar die bekende prokureur Benno de Klerk as hoof-uitvoerende beampte werksaam was, het bevestig dat hy die laaste persoon was wat Maandagaand met De Klerk gepraat het voordat hy kort daarna meegedeel is van sy dood in die parkeerarea van die besigheid.
Ehlers het bevestig dat De Klerk voor sy dood klaarblyklik ‘n sms-boodskap aan sy goeie vriend, Gordon Ferns van Limpopo Toyota, gestuur het en dat Ferns die eerste persoon was wat op De Klerk se liggaam op die plaveisel in die parkeerarea ‘n entjie vanaf De Klerk se bakkie afgekom het. ‘n Rewolwer is op die toneel gevind.
Ehlers sê dat die parkeerarea ‘n sekuriteitsgebied is en dat slegs ‘n handjievol personeel wat hul motors daar parkeer, toegang daartoe het. “Daarom vermoed ons in die stadium geen vuilspel nie, maar die saak, soos standaardprosedure vereis, word forensies ondersoek.”
“Ons 22 personeellede is in ‘n staat van totale skok. Niemand het vermoed dat Benno moontlik sy lewe gaan neem nie. Hy was selfs baie opgewek en het grappies gemaak toe ek Maandagaand kort voor huistoegaantyd gepraat het. Ek het aangebied om die kantoor te sluit, maar Benno het daarop aangedring om dit self te doen.”
De Klerk is in April vanjaar met Ilse Campbell getroud en hy het haar seuntjie wat in Oosskool is, as sy eie grootgemaak. Die drie was onafskeidbaar.
“Daar is in die stadium net vrae,” sê Ehlers en voeg by dat die personeel uit respek vir sy dood en weens skok vandag almal huis toe gestuur is.
Ehlers sê verskeie vriende, regskollegas en predikante het vanoggend by die besigheid opgedaag. “Van die kollegas het hul professionele hulp aangebied met sake wat deur De Klerk hanteer moet word.”
Hy sê die ondersteuning van vriende was oorweldigend, wat getuig van sy gewildheid as mens.
Volgens Ehlers is dit nie duidelik of De Klerk enige briewe nagelaat het nie.

Storie: WILLIE ESTERHUYSEN
>>willie.e@mwebbiz.co.za

Related Articles

Back to top button