Diewe slaan toe op PHS se rekenaarkamer

Graad 12-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat Woensdag hul praktiese eksamen vir rekenaartoepassingstegnologie (RTT) moet aflê, se eksamen is in gedrang nadat booswigte glo oor die naweek by die skool se rekenaarkamer ingebreek het en verskeie rekenaars insluitend die skool se bedieners (servers) gesteel het. PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, sê die administratiewe afdeling van die skool …

Graad 12-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat Woensdag hul praktiese eksamen vir rekenaartoepassingstegnologie (RTT) moet aflê, se eksamen is in gedrang nadat booswigte glo oor die naweek by die skool se rekenaarkamer ingebreek het en verskeie rekenaars insluitend die skool se bedieners (servers) gesteel het.
PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, sê die administratiewe afdeling van die skool is hoofsaaklik deur die inbraak geraak omdat personeel nie volle toegang tot die skool se stelsels het nie. “Ons is wel bekommerd oor die RTT-eksamen, omdat die leerders se werk op die skool se bediener gestoor word. Die skool werk onverpoos saam met ons diensverskaffer om die probleem spoedig op te los sodat die matrieks se eksamen nie beïnvloed word nie.”
Die polisie was reeds op die toneel en die skool wag tans vir die vingerafdrukeenheid om hul forensiese ondersoek te doen.
Die skurke het toegang tot die gebou verkry deur ‘n gat in ‘n ruit te maak en die knip met ‘n stuk draad oop te maak, volgens Schoeman.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version