Engel vlerkies vir baba Madelein

Dokters het alles gedoen om Madelein te red.

POLOKWANE – Na ń dapper stryd wat mense ooraloor aangegryp het,  is dit met hartseer dat ons die nuus deel dat baba Madelein vanoggend oorlede is.

Aan die begin van Julie is Madelein met ‘n teratoom onder haar ken gebore.

Lees meer: Dokters verwyder 0.5 kg gewas van weekoue baba

Na talle operasies om die gewas te verwyder, was daar verskeie komplikasies, sy het gesukkel om kos binne te hou asook met haar asemhaling.

Lees meer: Baba Madelein word sterker

Madelein se ma, Belinda het Review vanoggend laat weet dat daar probleme was met Madelein se hartjie en ten spyte van al die dokters se harde werk, kon hulle haar nie red nie. Sy is 8:10 oorlede.

Haar ouers, Belinda en Renier bedank almal vir hul gebede en hulp.

 

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version