Verliefdes vind droomrok

Die dag toe Ignatius Rademeyer vir sy meisie, Charné Steyl na die matriekafskeid nooi, het nie een van die twee besef dat drome regtig nog waar word nie.

POLOKWANE – Die dag toe Ignatius Rademeyer vir sy meisie, Charné Steyl na die matriekafskeid nooi, het nie een van die twee besef dat drome regtig nog waar word nie.

Review het vroeër berig dat Ignatius verskillende planne beraam het om geld in te samel om vir Charné haar droomrok te huur en na die berig geplaas is het boodskappe ingestroom van vrywilligers wat aangebied het om die jong verliefde paartjie te help.

Lees meer: Verliefdes maak plan vir matriekafskeidrok

Een van die lesers, wat verkies om anoniem te bly, vertel waarom sy besluit het om te help. Die lesr het nie self ‘n dogter nie en vertel dat dit vir haar lekker is om vir ‘n meisie haar droom te laat waar word.

“’n Mens lees daagliks van die stryd wat ander veg vir dinge wat meeste van ons as vanselfsprekend aanvaar. Ek dink meeste van die gr. 12’s hoef nie vir een oomblik te dink waar hulle rokke of pakke vandaan gaan kom nie, hulle kan óf die beste bekostig óf weet hulle ouers sal ‘n plan maak. Maar wat as daar regtig nie ‘n plan is nie? As ‘n mens mooi dink kos die huur van die rok soveel as n uiteet vir ses mense of vleis en al die bykosse vir ‘n braai. In meeste gevalle beloop dié koste meer as R1 400. Ek sny dalk self van my eie ‘onnodige’ uitgawes om ‘n meisie se droom te help bewaarheid. Ek dink Ignatuis moet ‘n baie mooi hart hê om so onselfsugtig vir sy meisie alles te wil gee. Sy ma kan trots wees om so ‘n seun die lewe in te stuur. Hulle moet ‘n fees hê.”

Ignatius en Charné was bykans stomgeslaan van opgewondenheid.

“Hello tannie ek het baie goeie nuus tannie , ‘n tannie het my sopas gebel en gesê dat sy gaan die rok betaal en ook vir Charné reël vir grimering en haar hare tannie, baie baie baie dankie vir tannie se hulp. Baie dankie tannie,” lui Ignatius se boodskap.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version