Local NewsNews

Verliefdes vind droomrok

Die dag toe Ignatius Rademeyer vir sy meisie, Charné Steyl na die matriekafskeid nooi, het nie een van die twee besef dat drome regtig nog waar word nie.

POLOKWANE – Die dag toe Ignatius Rademeyer vir sy meisie, Charné Steyl na die matriekafskeid nooi, het nie een van die twee besef dat drome regtig nog waar word nie.

Review het vroeër berig dat Ignatius verskillende planne beraam het om geld in te samel om vir Charné haar droomrok te huur en na die berig geplaas is het boodskappe ingestroom van vrywilligers wat aangebied het om die jong verliefde paartjie te help.

Lees meer: Verliefdes maak plan vir matriekafskeidrok

Een van die lesers, wat verkies om anoniem te bly, vertel waarom sy besluit het om te help. Die lesr het nie self ‘n dogter nie en vertel dat dit vir haar lekker is om vir ‘n meisie haar droom te laat waar word.

“’n Mens lees daagliks van die stryd wat ander veg vir dinge wat meeste van ons as vanselfsprekend aanvaar. Ek dink meeste van die gr. 12’s hoef nie vir een oomblik te dink waar hulle rokke of pakke vandaan gaan kom nie, hulle kan óf die beste bekostig óf weet hulle ouers sal ‘n plan maak. Maar wat as daar regtig nie ‘n plan is nie? As ‘n mens mooi dink kos die huur van die rok soveel as n uiteet vir ses mense of vleis en al die bykosse vir ‘n braai. In meeste gevalle beloop dié koste meer as R1 400. Ek sny dalk self van my eie ‘onnodige’ uitgawes om ‘n meisie se droom te help bewaarheid. Ek dink Ignatuis moet ‘n baie mooi hart hê om so onselfsugtig vir sy meisie alles te wil gee. Sy ma kan trots wees om so ‘n seun die lewe in te stuur. Hulle moet ‘n fees hê.”

Ignatius en Charné was bykans stomgeslaan van opgewondenheid.

“Hello tannie ek het baie goeie nuus tannie , ‘n tannie het my sopas gebel en gesê dat sy gaan die rok betaal en ook vir Charné reël vir grimering en haar hare tannie, baie baie baie dankie vir tannie se hulp. Baie dankie tannie,” lui Ignatius se boodskap.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button