[KYK] Koddige kleuters weet van dans

Jong dansers van Frieda se Dansskool het Woensdag die geleentheid gehad om aan hul ouers te wys wat hulle deur die jaar by die dansskool geleer het.

POLOKWANE – Die kleuters is van Suikerbekkie Kleuterskool en Osieteddies Kleinkindonwikkelingsentrum en het die geleentheid om hul dansvernuf ten toon te stel gate uit geniet.

Eienaar van die dansskool, Frieda Lombaard, vertel hierdie is ‘n jaarlikse instelling waar hulle die jong dansers die geleentheid gee om hulle selfvertroue te ontwikkel.

“Van hierdie kleuters het vanjaar vir die eerste keer begin dans en dus is dit ook die eerste keer wat hulle voor ‘n gehoor optree. Hulle passie en genot wat hulle uit die dans put is duidelik sigbaar en dit laat jou hart bykans uit sy nate van trots bars,” sê sy.

Frieda se suster, Wendy Jacobs, wie self ook ‘n danser is, het tussendeur vir die kleuters raad en kommentaar oor hulle danspassies gegee. Die kleuters het ook elk ‘n medalje ontvang na die opvoering.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version