Local NewsNews

Baba Madelein word sterker

Vir die Pretorius-gesin begin dinge stadig maar seker in plek val en kon ma Belinda en pa Renier darem al hul baba van net so oor 'n maand oud vir die eerste keer vashou.

POLOKWANE – Belinda en Renier is pas deur die trauma van ‘n baie groot operasie op hul eersteling. Die kleinding is gebore met ‘n teratoom aan haar ken en moes op die skamele ouderdom van ‘n paar weke ‘n operasie ondergaan om dié te verwyder.

Daar was kommer oor die swelling na die operasie maar daar is besluit om bestraling te doen om enige verdere komplikasies wat as gevolg van die teratoom en operasie kan ontstaan te vermy.

Lees meer: Dokters verwyder 0.5 kg gewas van weekoue baba

‘n Teratoom is ‘n gewas wat uit verskillende tipes weefsel soos byvoorbeeld hare, tande en vel onder andere bestaan.

Baba Madelein het pas haar eerste bestraling ondergaan om seker te maak dat die are waar die teratoom verwyder is nie kankerselle ontwikkel nie.

Volgens Renier gaan Madelein vier sessies bestraling ondergaan wat drie weke uitmekaar gedoen gaan word.

Daar word steeds baie mooi na haar gekyk in die hospitaal en die gesin bedank almal vir hul gebede na die groot operasie.

Die sluktoets wat op baba Madelein uitgevoer is.

“Dinge lyk tans baie goed en ons kon ons baba vir die eerste keer vashou sedert sy meer as ‘n maand gelede gebore is.

Dit was ‘n onbeskryflike ervaring wat ons vir niks in die wêreld sal verruil nie,” vertel die egpaar.

Madelein het ook ‘n sluktoets ondergaan om vas te stel of daar enige refluks in haar lugpyp is wat die kos wat sy inneem kan uitstoot.

Daar is voorlopig ‘n buis in baba Madelein se maag gesit om haar met voeding te help.

Daar is voorlopig ‘n buis in haar maag gesit om haar te help met die inname van kos.

Madelein is steeds in die Unitas Hospitaal en indien als goed verloop sal sy na die Eugene Marais Hospitaal oorgeplaas word om aan te sterk.

Die egpaar is steeds onseker oor die uitstaande mediese onkoste, maar hulle weet verseker van meer as R100 000 wat nie deur hul mediese fonds gedek word nie.

“Ons sal almal op hoogte hou hoe dit met Madelein gaan. Ons vra asseblief steeds finansiële hulp aangesien die mediese fonds ongeveer 40% van die koste dek en ons sal nie met die res kan bybly nie. Enige hulp sal opreg waardeer word,” pleit een van die oumas, Janetta Pretorius, op haar Facebookblad.

Hier is die bankbesonderhede indien jy kan bydra:

Child Medi Organisation

FNB, Tjekrekening

Rekeningnommer: 626 325 810 56

Takkode: 250655

Swift-kode: firnzajj

Verwysing: Madelein

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button