Die geheim word verklap

As jy na die gebou in Schoemanstraat kyk, verklap dit niks, maar binne wag daar ‘n wonderwêreld.

POLOKWANE – Review het onlangs gaan loer wat agter dié toe deur weggesteek is. Die gebou huisves tans meer as 7 000 versamelstukke, wat insluit karretjies en speelgoed uit 1928. Die versameling het in 1993 vanaf Markstraat na die huidige perseel verskuif.

Die versameling spog ook met raer stukke wat duisende Amerikaanse-dollars werd is.

Peet Rossouw, die kurator is self ook ‘n versamelaar en het een van die grootste Citroën-versamelings in die land.

“Wanneer jy dink daaraan om te begin versamel moet jy besluit wat jy wil versamel en die maak wat jy wil versamel en natuurlik of dit die moeite werd is,” vertel hy. Sy raad is om op te lees oor dié belangrike besluit.

Die museum word deur beide Pieter de Jager en Peet Rossouw behartig, hulle skroom nie om besoekers rond te wys en meer te vertel oor die speelgoed nie.

In die museum is daar speelgoed wat terug dateer na voor die eerste wêreld oorlog. Van die meer bekende en gesogte speelgoed in die museam sluit in, Dinky Toys en Corgi. Die speelgoed kom uit verskeie lande soos Amerika en Spanje.

“Speelgoed  van Suid-Afrika in die Dinky Toy-reeks is baie gesogt en ook meer werd as die van ander lande,” vertel Peet.

Sy kennis van modelkarre laat besoekers aan sy lippe hang, elke item in die museum het ‘n storie, wat Peet graag vertel.

Peet verduidelik dat dit belangrik is om versamelstukke se verpakkingsbokse te hou, omrede dit byne 30% van die prys van ‘n item bepaal.

Die museum is oop vir die publiek. Word weer kind in die speelgoedmuseum, kontak vir Pieter of Peet vir meer inligting.

Peet Rossouw 083 412 5256

Pieter de Jager 082 469 6900

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version