Local NewsNews

BREAKING NEWS – Gedenkdiens vir vermoorde egpaar

Die gedenkdiens van Piet en Tilla van Zyl wat Saterdagnag in hul huis op die Kalkpoort Wildsplaas in die Immerpan-gebied doodgeskiet en Sondagoggend deur ‘n familielid gevind is, vind Vrydag om 11:00 by NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk in HF Verwoerdstraat, Chroompark in Mokopane plaas. Volgens Moatshe Ngoepe, Linpopo polisiewoordvoerder, is niemand nog in hegtenis …

Die gedenkdiens van Piet en Tilla van Zyl wat Saterdagnag in hul huis op die Kalkpoort Wildsplaas in die Immerpan-gebied doodgeskiet en Sondagoggend deur ‘n familielid gevind is, vind Vrydag om 11:00 by NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk in HF Verwoerdstraat, Chroompark in Mokopane plaas.
Volgens Moatshe Ngoepe, Linpopo polisiewoordvoerder, is niemand nog in hegtenis geneem nie, maar hy het bevestig dat die polisie in Zebediela besig is met ‘n omvangryke soektog na ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes en dat twee moordsake en ‘n saak van huisroof tans ondersoek word. Dit is volgens die polisie nog onduidelik wat alles gesteel is omdat die huis steeds vir leidrade en vermiste goedere gefynkam word.
Lees volledige berig môre (Donderdag) in Polokwane Observer.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button