Local NewsNews

Vier leeus afgemaai, karkasse geskend

Die polisie ondersoek twee afsonderlike sake waar vier leeus op plase buite Vaalwater en Marble Hall onlangs doodgemaak en koppe en pote, verwyder is. Tydens die eerste voorval verlede Donderdagaand het skurke die heining op ‘n plaas buite Vaalwater geknip en toegang tot ‘n leeukamp gekry waar twee glo vergiftig is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe …

Die polisie ondersoek twee afsonderlike sake waar vier leeus op plase buite Vaalwater en Marble Hall onlangs doodgemaak en koppe en pote, verwyder is.
Tydens die eerste voorval verlede Donderdagaand het skurke die heining op ‘n plaas buite Vaalwater geknip en toegang tot ‘n leeukamp gekry waar twee glo vergiftig is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê hulle pote is verwyder en gesigte geskend. Die een leeu se pens is oopgesny, maar geen organe is glo verwyder nie.
Die volgende dag is nog twee leeus op ‘n plaas buite Marble Hall doodgemaak. Die plaaseienaar het die karkasse tydens ‘n roetinepatrollie op die plaas gevind en die polisie geskakel.
Beide leeus is vermoedelik geskiet en hul koppe en pote verwyder. Die een se borskas is glo ook oopgesny.
Ngoepe het die dade sterk veroordeel en gesê die polisie doen alles in hul vermoë om die boosdoeners vas te trek.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Alpheus Mokale by 082 565 6524 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button