BREAKING NEWS – Alex Chauke 65 jaar gevonnis vir moord op Ignat Oosthuizen

Alex Chauke het skuldig gepleit op die moord op Ignat Oosthuizen in Mei 2015 en is vanoggend (Maandag) tot 65 jaar tronkstraf in die Seshego streekhof gevonnis. Hy het tydens ‘n vorige hofverskyning aangedui het dat hy op die vyf aanklagte wat met die moord op Oosthuizen verband hou, skuldig gaan pleit. Chauke is lewenslange …

Alex Chauke het skuldig gepleit op die moord op Ignat Oosthuizen in Mei 2015 en is vanoggend (Maandag) tot 65 jaar tronkstraf in die Seshego streekhof gevonnis.
Hy het tydens ‘n vorige hofverskyning aangedui het dat hy op die vyf aanklagte wat met die moord op Oosthuizen verband hou, skuldig gaan pleit.
Chauke is lewenslange tronkstraf vir moord, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, 15 jaar vir poging tot moord, vyf jaar vir ontsnapping en ‘n verdere vyf jaar vir huisbraak met die doel om te steel, opgelê.
Oosthuizen is in sy huis in Serala Village vermoor nadat hy Chauke, wat ingebreek het, gekonfronteer het. Hy is met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Simoné, sy vrou, het ook met Chauke slaags geraak, is ernstig beseer en moes ‘n noodoperasie ondergaan.
Lees die volledige berig in Donderdag se uitgawe van Polokwane Observer.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version