Narre wys hul kleure

Die Tshwane Toneelfees het 'n nuwe soort nar gesien - dié van Hoërskool Piet Potgieter.

MOKOPANE – Die hoërskool se toneelgroep het vanaf 31 Julie tot 4 Augustus aan hierdie fees by Hoërskool Eldoraigne deelgeneem en die gehoor goed vermaak.

Nie net was die goep se toneelstuk Narkar een van die top vyf in die finaal nie, maar een van die spelers, Anké Hurn het ‘n goue toekenning ontvang as beste verhoogbestuurder.

Gr. 11-leerder Anria Kruger speel die rol van Agterstevooromnar en Bart Fourie (gr. 12) vertolk Inspekteur Bloukamp.

Lianca Welgemoed is as beste ondersteunende speler aangewys. Van die ander spelers stap weg met silwer en brons toekennings.

Phindile Tjale (Inspekteur Kleynhans) en Bart Fourie (Inspekteur Bloukamp) los ‘n verhoogmoord op in hul finale jaar op skool.

Die toneelgroep het Woensdagaand voor hul optrede by die Tshwane Toneelfees ook ‘n gehoor in HPP se skoolsaal aan ‘n ‘moord’ blootgestel. Narkar gaan oor sirkusnarre wat deur polisiebeamptes ondervra word nadat een van hul mede-narre vermoor is.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version