Kierieklapper-pret met eg Suid-Afrikaanse vermaak

Die Kierieklapper Kunstefees se hekke is oop en feesgangers kan tot Saterdag laataand saam kom deel in al die joligheid op Hoërskool Piet Potgieter se rugbyveld.

MOKOPANE – Donderdagaand is DJ Ossewa op die verhoog en Vrydag kom Snotkop en Corlea Botha aan die beurt.

Saterdagaand se hoogtepunt op die feesspyskaart is die optrede van Refentse, Adam Tas, Bok van Blerk en Ricus Nel.

Die sanger Dillon Lerm is weer vanjaar die seremoniemeester. Deur die dag kry Mokopane Primary, Laerskool Krugerpark en Waterberg High se trompoppies kans om hulle passies te wys. Z’s Dansskool se dansers en Mashall Gymnastics se gimnaste gaan ook die feesgangers vermaak.

Snotkop is vanaand (Vrydagaand) op die verhoog. Foto: Verskaf

Die Kia Mokopane Kierieklapper pretdraf word Saterdagoggend om 07:00 gehou en om 11:00 is die Mej. en Mnr. Kierieklapper-wedstryde se beoordeling.

Om 15:30 kry die lede van die Bosveld Volksang en Volkspele lede kans om te sing en tiekie te draai.

Besoek gerus die talle stalletjies op die veld en kom smul aan die heerlike eet- en drinkgoed. Die fees word Sondag om 18:00 afgesluit met ‘n diens in die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk waar die Manne wat Glo optree. Kom luister gerus na die sangers Willie Joubert, Leon Ferreira, Dewald Gouws en Jan de Wet.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version