Die drie varkies, PHS-styl

Daar is nie 'n tekort aan talent as dit by die leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) kom nie en dié het hulle bewys met dié toneelstuk op Donderdag, 3 Augustus.

POLOKWANE – Die storie van die drie varkies is omskep in ‘n heel nuwe verhaal deur dié skool se dramagroep en is geskryf deur ‘n oud-Pietie, Ané Malan.

Dit handel oor drie mense wat die uitwissing van die aarde oorleef het en hoe elkeen van hulle, en ook alle mense, met hul eie wolf, soos dié in die drie varkies, worstel.

Sommige mense kan hulle probleme oorkom en daarmee vrede maak maar sommiges verloor als en gee in en oor aan die wolf binne hulle soos dit ook in die toneelstuk gebeur.

Die leerders vertrek op 16 Augustus na Sasolburg waar hulle aan die ATKV junior toneelspel komptisie gaan deelneem in die hoop om gekies te word om later vanjaar by Aardklop op te tree.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version