Local NewsNews

Mia benodig steeds hulp, sê gesin

Mia is egter nog nie ten volle gesond nie en haar ouers het haar verlede Woensdag weer na die pediater geneem.

POLOKWANE – Ongeveer drie maande gelede het ‘n piepklein Mia le Grange haar verskyning in die wêreld gemaak en sommer vinnig in Polokwane-inwoners se harte gekruip.

Mia is op 8 Mei op 26 weke gebore en moes vir die eerste paar maande van haar lewe in die hospitaal bly.

Lees meer: [LUISTER] Baba Mia se ma vertel hoe dit met haar gaan

Op Woensdag, 5 Julie het haar ouers, Christelle Swanepoel en Louis le Grange gehoor sy kan uiteindelik huistoe gaan.

“Mia het 900 g by geboorte geweeg en toe sy uit die hospitaal ontslaan is het sy 1,73 kg geweeg. Sy weeg tans 2,1 kg,” vertel Christelle.

“Die eerste aand by die huis was angswekkend, ons was so bang iets gaan fout gaan. Ons was gewoond sy was aan monitors gekoppel wat dadelik opgetel het as iets verkeerd gaan, nou was daar geen monitors om ons te waarsku nie; daarby was sy steeds bitter klein.”

Lees meer: Baba Mia se eerste keer by die huis na twee maande

Mia is egter nog nie ten volle gesond nie en haar ouers het haar verlede Woensdag weer na die pediater geneem.

“Mia word blou as sy slaap en die dokter vermoed dat die gaatjie in haar hart nog nie heeltemal toe is nie. Die dokter wil graag nog toetse doen maar daarvoor benodig ons sowat R18 000. Haar been, wat steeds in gips is, moet ook nog gereeld geskandeer word.”

Louis vertel dat Mia ‘n baie soet baba is en nie eintlik huil nie. “Sy slaap baie goed en word net deur die dag elke drie ure wakker om melk te drink. In die nag drink sy 22:00 en dan slaap sy tot 04:00 en sy het ‘n gesonde eetlus.”

Die ouerpaar vertel dat Mia ‘n verskeidenheid fopspene het maar dat sy steeds haar Mediclinic Limpopo een verkies.

Geld kan steeds vir Mia in Child Medi Organisation se rekening betaal word om die familie met haar mediese koste te help.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB Tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Baba Mia.

Lees meer : ‘Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie’, sê baba Mia se ma

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button