MOKOPANE – Na bewering het die eienaar van ‘n skryfbehoefteswinkel, Asher Strauss, in sy stasiewa gery toe ‘n luikrugvoertuig voor hom ingedraai het by die kruising van Thabo Mbekirylaan en Geyserstraat.
Volgens Strauss het die bestuurder van die luikrug uitgeswaai om ‘n ongeluk te vermy en op die sypaadjie tot stilstand gekom nadat dit ‘n lamppaal getref het.
Die linker voorwiel van die luikrug het losgekom en ‘n ander voertuig getref wat uit ‘n besigheidsperseel gery het.
“Ek is dankbaar vir die bestuurder van die luikrug se flinke reaksie, dit het ernstige beserings voorkom. Die ongeluk kon soveel erger gewees het,” sê Strauss. Die nooddienste en verkeerspolisie was spoedig op die toneel.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za