Al die ditjies en datjies wat ‘n verskil maak

Al begin jy klein, kan jy ‘n verskil maak.

POLOKWANE – Al begin jy klein, kan jy ‘n verskil maak.

Dít is een van die redes waarom Jenel Rabé besluit het om ‘iets kleins te doen’  ‘n ingeskryf vir Mev. Polokwane.

“Dit gee jou ‘n basis om ander mense te help,  al jou hardwerk is vir ‘n goeie doel en verryk ander se lewens. Ek was nog nooit regtig baie betrokke in die gemeenskap nie, en ek wil graag meer betrokke raak. Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer en nuwe mense te ontmoet. ‘n Mens leer ook baie vinnig dat daar meer in die lewe is as net jyself. Dit laat mens ook goed voel om te gee.”

Jenel is getroud met Freddie en hulle het twee seuns, Jurgens en Freddie.

“My organisasie waarvoor ek geld insamel is the Samaritian House. Die werk wat hulle daar doen is ongelooflik. Hulle het my vertel dat hul grootste behoefte ‘n gebalanseerde bord kos vir elke kind is. Hulle vra ook nie kontant nie, maar versoek eerder dat daar geld in ‘n rekening inbetaal word en dan kan of die telefoonrekening of die elektrisiteitrekening met die geld betaal word. Hulle skep ‘n tuiste vir die kinders wat daar bly. Daardie kinders het niemand in die lewe nie.”

Sy beplan om op 2 September ‘n Wash and Blow Tips and Tricks dag te hou by Retsini Kwekery. “Die doel van dié dag om die stad se vroue touwys te maak met ditjies of datjies waarmee hulle sukkel, soos hoe om hulle hare te blaas.  Ek  en Karen Linde werk saam aan dié dag. Kaartjies kos R150 en Betsie Joubert gaan met die vroue praat oor innerlike skoonheid.”

Jenel vertel dat Freddie haar baie ondersteun en haar gereeld bystaan met haar projekte.

“Om ‘n finalis te wees het stesvolle oomblike, maar ek glo met enige iets wat jy aanpak is daar spanning. Dit gee jou die motivering om aan te hou tot jy ‘n sukses maak.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version