Noordskool kies leiers

Tydens 'n spoggeleentheid by Laerskool Pietersburg-Noord Primary is die nuwe leiers vir die laaste twee kwartale Vrydag in die skoolsaal aangewys.

POLOKWANE – Die leerders is deur hul ouers vergesel en het gedurende die funksie hul balkies ontvang. Hulle is deur die Skoolhoof, Attie Visagie, verwelkom en gelukgewens. Die leiers het die taak om in die komende maande wat oor is van die skooljaar die wet en orde in die skool te handhaaf.

• Meisies: Karabo Maleka, Tebello Mamabolo, Thlothlonya Maponya, Naledi Maseta, Pearl Mothiba, Modi Phiri, Bonnie Komape, Chantel Madiba, Thato Ngulube, Khutso Makgamatho en Ezmé Jansen.

• Seuns: Mfumo Khoza, Ethan Ngwetjana, Thato Hams, Karabo Rabothata, Naledi Masesane, Ntando Ntiwane, Seretse Selemela, Odirile Mogadime, Larson Lefember, Thapelo Nkosi en Leruo Sharp.

• Onderhoofleiers: Karabo Rabothata en Naledi Maseta.

• Hoofleiers: Odirile Mogadime en Modi Phiri.

Die leiers het op die dag die eed onderteken dat hulle na die leerders van die skool sal omsien en die skoolreëls sal onderhou deur self ‘n voorbeeld te wees. “Ons sal die skool trots maak en die skool se naam hoog hou in die klas, op die sportveld en ook na skool want ons is trots op ons skool en wil die skool se naam altyd eer,” het die leerders aan Review vertel.

riana@nmgroup.co.za

Exit mobile version