Ignat Oosthuizen se familie gesels oor hul held

Met die hofsaak oor die moord van Ignat Oosthuizen wat tans aan die gang is het Review met die ma van Oosthuizen en sy weduwee gepraat oor hoe hulle die saak hanteer en oor Ignat.

POLOKWANE – Simoné Oosthuizen het aan Review vertel dat sy steeds in die nag wakker word van nagsweet en nagmeries waar sy droom sy word aangeval. “Dit is iets wat elke keer gebeur as ek in die hof moet gaan sit en die man aanskou wat my lewe onherroeplik verander het,” vertel sy.

Die dag as die saak verby is, vertel Oosthuizen, sal sy baie graag aan die beskuldigde iets wil sê.

Niks sal Ignat terug bring nie en niks sal regmaak wat hy gedoen het nie. Miskien leer hy uit die saak en wat gebeur om sy lewe te verander, ek weet nie. Hy moet net besef dat wat daardie aand gebeur het nooit sal weggaan nie, maak nie saak wat in die hof gebeur nie,” vertel sy.

Van die beseerings wat Simoné in die voorval opgedoen het. Foto: Verskaf

Simoné sê sy het steeds na die aanval meer as twee jaar gelede nie gevoel in haar hande nie.

“Ek het hom daardie aand uit die huis geboender na Ignat grond toe geval het en die wonde wat ek opgedoen het in die stryd om hom by die huis uit te kry sal nooit heeltemal genees nie. Ek het gevoel in my hande verloor en dit sal nie regkom nie. Dis iets fisies wat ek altyd sal dra van daardie aand,” vertel Simoné.

Ignat se ma, Jane van Wyk, vertel dat sy so baie wens dat haar seun terug gebring kan word.

“Ek wonder net wat ek vir hom sou sê as hy hier was en hoe ek sal optree. ‘n Mens sê altyd as hulle net hier kan wees maar dink ons regtig wat ons sou dink, doen en voel as die Here ons daardie wonderwerk gee?” vra sy.

Sy vertel die wete dat niks hom sal terugbring iets is wat sy daaglike mee gekonfronteer word.

“Ek kan net bid vir geregtigheid en ek sal nie ophou veg tot ek dit het nie. My seun was ‘n held en niks kan die leemte van sy dood vul nie.” Sy vertel dat tyd nie help om die beeld van daardie dag meer as twee jaar gelede uit te wis nie.

“Ek bly dit sien – sien hoe my kind dood is, sien hoe ek die bloed moes skoonmaak, sy bloed, my kind se bloed, my eie bloed op daardie kombuisvloer. Dis asof hy oor en oor vermoor word as ‘n mens in die hof moet wees,” vertel sy.

Jane sê Ignat het soveel potensiaal gehad en sy hele lewe was nog voor hom oop.

“Ek sal nooit ophou baklei vir hom nie en hy sal alyd my held bly, die ware held wat hy was en tot op sy laaste dag bewys het hy is,” vertel sy.

 

Volg die hofsaak in Review Weekend

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version