Local NewsNews

Laing familie vind eindelik vrede

Bykans 'n maand nadat hul pa in 'n motorongeluk oorlede is kan vier susters moontlik binnekort hul pa, William Johannes Laing, ter ruste lê.

POLOKWANE – Laing (63) en ‘n passasier, Mike Vermeulen, was in ‘n fatale motorongeluk op die N1 net buite die stad op 1 Julie betrokke. Die voertuig waarin die twee mans gery het, het na die ongeluk uitgebrand wat die uitkenning van hul liggame vir hul naasbestaandes vermoeilik het.

Lees meer: Two burn to death in fatal accident on N1 South

DNS-toetse is om die oorledenes positief te identifiseer is aangevra en die uitslae moes eers bekendgemaak word voordat die families begrafnisreëlings kan tref.

Een van die susters, Natscha du Toit, het aan Review vertel weens die aard van die ongeluk en die lang wag vir die DNS-toetse baie traumaties vir die familie is. Dié gewag, verduidelik sy, maak dit moeiliker vir die familie om die stukke te begin optel.

“Ons is in gereelde kommunikasie met die Westenburg Polisie en hulle probeer ons so ver moontlik help maar as gevolg van die DNS-toetse wat in Johannesburg gedoen moet word is dit ‘n tydsame proses,” vertel sy.

Du Toit sê sy het die dag van die ongeluk op die internet daarvan gelees, maar gedink dit was haar pa wat in die ongeluk gesterf het nie. “Een van my susters het my eers later daarvan verwittig,” vertel sy.

Toe die familie hoor dat hulle baie lank vir die DNS-toetse sou moes wag omdat dit weggestuur moet word is daar besluit om ‘n roudiens op 14 Julie te hou.

“Ek weet nie hoe ons hierdie hoofstuk van ons lewens kan afsluit en vrede maak nie. My pa is skielik en baie gru van ons af weggevat en ek kan net hoop dat ons binnekort die heelproses kan begin en weer die stukkies optel,” sê Du Toit.

Sy vertel dat die gesin, veral haar pa, lief is vir die buitelewe en visvang en dat haar pa altyd vir haar en haar susters ‘n goeie voorbeeld was.

Die gesin het reeds met Avbob Begrafnisondernemers reëlings getref om ‘n verassing te doen sodra die toetse afgehandel is.

“Ons is innig dankbaar aan so baie mense vir alles wat hulle vir ons gedoen het en die bystand wat hulle ons in hierdie moeilike tyd gegee het. Ons het onlangs die nuus gekry dat die DNS-verslae vrygelaat is en dat ons binnekort van my pa sal kan afskeid neem,” vertel sy.

Lees meer: Funeral arrangements for go-to motor industry veteran, Mike Vermeulen

Departement van Gesondheid Woordvoerder, Derick Kganyago, het aan Review verduidelik hoekom die DNS-toetse in Johannesburg gedoen moes word.

“Autopsies word nie na Gauteng gestuur nie, hulle word hier gedoen en die omdraaityd daarvoor is ongeveer drie dae. Wat wel gestuur word na Gauteng is gewoonlik vir die bepaling van identiteit of DNS. Hierdie funksie word nasionaal gedoen dus word alle identiteitsbepaling en DNS-toetse in Gauteng gedoen omdat die laboratorium vir hierdie toetse daar geleë is,” verduidelik hy.

Kganyago vertel dat DNS-toetse drie maande of selfs langer kan neem in die geval van ontbinde liggame, menslike oorskot of verbranding onder andere.

Vir alle navrae oor iemand in die Forensiese Lykshuis van die Pietersburg Provinsiale Hospitaal is, sê hy, kan jy die Lykshuisbestuurder, Kwena Mochaki, by 082 865 6091 kontak.

 

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button