Local NewsNews

Johan Wilken se dood betreur

Johan is Saterdagmiddag by sy huis oorlede.

POLOKWANE – Johan se niere het Vrydag ingegee en hy is Saterdag oorlede.

Hy is vroeg vandeesmaand in die provinsiale hospitaal in Polokwane opgeneem terwyl sy vrou, Charlotte terselfdertyd ‘n skoueroperasie ondergaan het. Hy is met infeksie van die pankreas en niere gediagnoseer. Op 7 Julie is daar berig dat sy pankreatitis onder beheer was, maar dat hy in die laaste stadium van nierversaking was.

Johan het op 14 Julie met nuwe behandeling begin vir sy niere en is op die 17de ontslaan. Hy sou die dokter weer op 7 Augustus gaan sien.

Volgens Johan en Charlotte Wilken se leraar, was hulle onafskeidbaar.

Sy vrou, Charlotte, se hart is baie seer en sy sê dat hulle alles saam gedoen het en sy hom vreeslik baie sal mis. Hul leraar, Pastoor Neels Marais het ‘n week gelede, toe Johan uit die hospitaal ontslaan is, gesê: “Die tweetjies is onafskeidbaar.” Charlotte bedank al die vriende, familie en kinders wat so getrou gehelp het met alles gedurende die laaste tyd.

“Ekself kon nog nie veel doen na my skoueroperasie nie. My dogter het selfs verlof by haar werk geneem om te kom help.” Sy bedank ook graag haar werkgewer, dr. Vivian Meintjies, wat die familie getrou bygestaan het.

Johan laat ‘n seun en dogter, Wouter en Anette, Charlotte se seun en dogter, Pieter en Lillian, hul gades en 12 kleinkinders agter.

‘n Roudiens is Woensdag, 26 Julie, vanuit die Charisma-gemeente by die skoolsaal van Generaal Piet Joubertskool gehou.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button