Local NewsNews

“Ons wil ‘n speciale baie dankie sê…”

HTS-leerder, Ferdie Botha se familie bedank almal vir hul hulp, ondersteuning en bystand gedurende hierdie moeilike tyd.

POLOKWANE – Op 2 Februarie het die Botha-gesin se lewe verander toe Flip en Adele se seun, Ferdie (15) met ALL leukemie gediagnoseer is.

Ondanks sy dapper stryd het hy op Maandag, 26 Junie die stryd teen kanker verloor en is hy op Donderdag, 29 Junie begrawe.

Lees meer: Geliefde HTS-leerder verloor stryd teen kanker

Sy familie bedank almal vir hul hulp, ondersteuning en bystand gedurende hierdie moeilike tyd.

“Ons wil ‘n spesiale baie dankie sê aan Generaal Piet Joubert Skool wat elke tree saam met ons gestap het vandat Ferdie gediagnoseer is, dankie aan elkeen se gebede en ondersteuning. Dankie aan elke persoon en instansie wat ons gehelp het met geld en eetgoed by die begrafnis. Dan ook aan BB Ford Polokwane vir die items wat hulle vir ons gegee het.

“‘n Baie groot dankie aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé vir alles wat hulle vir ons gedoen het. Dankie aan die Polokwane gemeenskap as geheel. God seën elke persoon wat ons kind aangeraak het en ons gehelp het om hom te kon begrawe. Polokwane kan saam staan,” spreek Adele hulle dank uit.

Ferdie was ‘n leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en sy ma vertel hy het verkouesimptome gehad waarna dokters hom vir malaria getoets het.

Dié toetse was negatief maar Ferdie het geweldige hoofpyne en ‘n pyn in sy sy ontwikkel.

Hy is in die hospitaal opgeneem en hier is bevind dat sy milt vergroot is, een van die eerste tekens van leukemie.

Hy het chemoterapie ontvang maar het tydens sy laaste sessie het hy ‘n virus opgedoen en as gevolg van sy verswakte immuunstelsel het dié virus veroorsaak dat hy sy kankerstryd verloor het.

Ferdie word oorleef deur sy ouers, Flip en Adele, en twee broers, Flippie en AJ.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button