Vermiste Mokopane seun (14) gevind

CJ se familie bedank gemeenskap vir hul vinnige optrede en gebede

MOKOPANE – Sumari Adlem CJ se Tannie sê: “Ons is so dankbaar dat CJ veilig gevind is. Eerstens gaan ons dank aan Jesus dat Hy, Sy hand van bewaring oor CJ gehou het en hom veilig terug huis toe besorg het. Die familie wil spesiaal die volgende mense bedank vir hulle vinnige optrede; Die Bosveld Review, Buurtwag, SOS, Suricate, Monique van Potties Pages, en Lindsey van Sparkle Designs. Die familie wil ook elkeen in die gemeenskap bedank wat die kennisgewing op Facebook gedeel het en vir almal se gebede. Dan net ‘n waarskuwing; kinders moet sorg dat hul ouers te alle tye weet waar hulle is, en seker maak hulle fone is vol gelaai wanneer hulle die huis verlaat.”


MOKOPANE –  Volgens inligting het hy by sy ouma gaan kuier en het so 15:00 huistoe geloop. Hy het nooit by die huis uitgekom nie en CJ se ouers vra die gemeenskap se hulp om asb op die uitkyk te wees vir hom.

Sy foon is af en al sy vriende is al gekontak.

Hy was laas in Retiefstraat gesien en het ‘n swart broek met donkerblou hemp, swart sweetpak baadjie en swart skoene aangehad.

Enige iemand met meer inligting of wat weet waar CJ homself bevind word gevra om asseblief Sumari Adlem op 082 825 2315 te kontak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version