Local NewsNews

Raaisel na lyk in puinhoop gevind word

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n man ‘n dag later in die oorblyfsels van ‘n huis, wat verlede Donder­dagaand op die Onverwacht-kleinhoewes afgebrand het, gevind is. Die oorledene is as Pierre Brittion geïdentifiseer volgens Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramo­shaba. ‘n Saak van saakbeskadiging is oorspronklik aanhangig gemaak, maar ‘n …

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n man ‘n dag later in die oorblyfsels van ‘n huis, wat verlede Donder­dagaand op die Onverwacht-kleinhoewes afgebrand het, gevind is.
Die oorledene is as Pierre Brittion geïdentifiseer volgens Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramo­shaba. ‘n Saak van saakbeskadiging is oorspronklik aanhangig gemaak, maar ‘n geregtelike doodsondersoek sal nou gedoen word volgens die polisie.
“Ons is nie seker wat die brand veroorsaak het nie. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ons meer duidelikheid oor die voorval hê. Daarom kan ons nie bespiegel of die huis, wat Brittion glo gehuur het, met opset aan die brand gesteek is nie,” sê Ramoshaba.
Hy sê die lyk is waarskynlik op die dag van die brand nie in die puin raakgesien nie en daarom eers die volgende dag gevind. Die toestand van die liggaam kon ook nie bevestig word nie.
Die ondersoek duur voort en naasbe­staandes kon nie bereik word vir kommentaar nie.
Die kleinhoewes is sowat 15 km buite die stad geleë.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button