Local NewsNews

De Klerk maak die verhoog sy eie

Die naam De Klerk Oelofse is in die teater-, film-, radio- en TV-kringe deesdae 'n bekende naam

POLOKWANE – Die jong man het nog wortels in Polokwane, waar hy vandaan kom.

As die naam Dawid Oelofse aan jou bekend is, die oud-skoolhoof van Laerskool Pietersburg-Oos en later rektor van Heuwelkruin, sal jy moontlik nog die jongste van sy vyf kinders, die einste De Klerk, onthou.

De Klerk se ma, Hestertjie, ‘n Afrikaanse onderwyseres by Mitchell House, is in 2003 oorlede toe hy 14 jaar oud was en het hom altyd aangemoedig om aan Eisteddfods deel te neem en gedigte voor te dra.

Sy suster, AnĆ©l Swanepoel woon nog hier in Polokwane, maar sy bedrywige skedule laat min geleentheid vir kuier in Polokwane, wat ver van Kaapstad is waar hy deesdae woon. Hy het darem ‘n paar jaar gelede ‘n vriend se troue bygewoon in Polokwane. Sy pa woon deesdae in Potchefstroom waar hy navorser is aan die Noord-Wes Universiteit en besig is met sy doktorsgraad in onderwys.

De Klerk speel tans die rol van ‘n jong speurder in Die Boekklub, die gewilde KykNET drama se tweede reeks, wat Dinsdag begin het op kanaal 144.

Die lewe het baie draaie met die jong De Klerk geloop vandat hy in 2007 by Stellenbosch ingeskryf het vir ‘n BA in drama en nadat hy in 2010 sy honneursgraad behaal het.

Hy sou eintlik inskryf vir logistieke bestuur, maar het besluit om drama te studeer, en doen sedertdien elke dag wat hom gelukkig maak. Hy is nog nie getroud nie en is baie gelukkig met ‘n medium-rare steak en braaibroodjie in die hand.

2017 is ‘n besige jaar vir die akteur, met deelname aan drie produksies by die Woordfees in Stellenbosch: NĆŖrens, Noord-Kaap, Koƶperasiestories en Peter Pan terwyl hy die eenmanstuk Strooijonker, We didn’t come to hell for the croissants en Koƶperasiestories, waarin hy ses rolle gespeel het tydens die Klein Karoo Kunstefees opgevoer het. Tans is hy te sien in Die Boekklub en Sara se Geheim, – beide TV- produksies.

Hy het al gespeel in talle en ook bekende teaterstukke soos Hond se Gedagte, Moeder Moed, Liewe Heksie: Flower Power en van die bekendste films waarin hy gespeel het was Recce, Modder en Bloed, Alison, Die versoening van DaniĆ«l du Randt, Hero en Hollywood in my huis, terwyl hy ook die rol van Schoeman Oortzen in die bekende radiovervolgverhaal Die verdwyning van Mina Afrika gespeel het, een van talle radiodramas waarin hy ‘n rol vertolk het. Hy hou eintlik nie daarvan om die mediums te vergelyk nie, omdat hulle elkeen ‘n ander dissipline is.

“My opleiding by die Stellenbosch Dramadepartement was gefokus op teaterwerk, so dit sal seker altyd my eerste liefde bly. Daar is iets so onmiddellik aan die wisselwerking tussen jou en die gehoor, dat jy as akteur altyd in die oomblik moet bly. Dis die onbekende van voor elke vertoning die verhoog betree, wat my vreeslik lief maak daarvoor,” vertel hy.

“Televisie, om eerlik te wees, freak my nog so ‘n rapsie uit.

Die pas waarteen ons televisie in Suid- Afrika maak is verskriklik vinnig. In teater ontleed en praat en probeer ons ‘n toneel vir omtrent drie weke voor ons dit vir ‘n gehoor wys. In televisie is daai toneel binne ‘n paar uur in die kan.

“Ek dink ek begin televisie as medium nou ‘n bietjie beter verstaan en ek wil my verstout om te sĆŖ dat ek op die stel van Die Boekklub, dit selfs begin geniet het! Radio is ‘n fantastiese medium waarvoor ek baie lief is.

“Akteurs is gewoonlik mal oor hierdie medium. Omdat jy met ‘n gehoor werk wat net een van die sintuie tot hulle beskikking het, forseer dit jou om konstant en kreatief aan die verbeeldings wĆŖreld te skep. As jy die prentjie in jou kop duidelik sien terwyl jy opneem, is dit gewoonlik makliker vir ‘n luisteraar om hulle eie verbeelding te laat gaan.”

Van die talle toekennings wat hy al ontvang het en voor genomineer is, is onder andere die Fleur du Cap Teater Toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur in ‘n musiekproduksie vir Liewe Heksie: Flower Power (genomineer in 2016) asook die Absa Kanna toekenning by die KKNK vir die rol, die KykNET FiĆ«sta-toekenning vir die beste solo optrede in 2015 in Na-aap (genomineer), die Clover Aardklop toekenning vir beste akteur in 2014 vir Na-aap, die US Dramadepartement se beste akteurtoekenning 2009 (wenner) en 2014 (genomineer), ‘n Goue Sleutel toekenning as Internasionale Akademiese Presteerder top 15% in 2010.

In 2010 is hy aangewys as die beste akteur en wen hy die Absa KKNK toekenning. In 2011 het hy die Fleur du Cap Teater Toekenning as mees belowende student gewen en in 2014 die Naledi Teater toekenning vir Balbesit.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button