Local NewsNews

Kans in ‘n leeftyd vir Johan in Noorweë

Om in jou derde jaar as mediese student nooit minder as 85% gemiddeld te behaal nie is ‘n groot uitdaging en prestasie. Om boonop een van net vier studente te wees wat gekeur word om vir ‘n tyd lank oorsee te studeer, alle uitgawes ingesluit, wil gedoen wees. Johan Kruger het dit alles vermag en …

Om in jou derde jaar as mediese student nooit minder as 85% gemiddeld te behaal nie is ‘n groot uitdaging en prestasie. Om boonop een van net vier studente te wees wat gekeur word om vir ‘n tyd lank oorsee te studeer, alle uitgawes ingesluit, wil gedoen wees.
Johan Kruger het dit alles vermag en sien daarna uit om in Oktober vir sewe weke aan The Arctic University of Norway te studeer en in die tyd op interne geneeskunde of neurologie te fokus.
“Ek kon tussen Nederland en Noorweë kies, maar die noorderligte het nog altyd vir my ‘n bekoring ingehou en Noorweë se gesondheidsstandaard is een van die drie bestes in die wêreld,” meen Johan.
Mediese studente aan die Universiteit van Pretoria kry in hul derde jaar geleentheid om as deel van die kurrikulum praktiese werk te doen om ‘n idee te kry van wat die praktyk behels, maar Kruger kon nie groter droom as dit wat hóm te beurt geval het nie.
Kruger, ‘n oudleerder van Hoërskool Pie­tersburg sê hy geniet elke oomblik van sy studies en dat hul jaargroep in Olympuskos­huis dit vir mekaar makliker maak deur vrae­stelle en notas te deel want hulle is ook hegte vriende en gaan oor ‘n paar jaar kollegas wees. “Ons is gebalanseerd en fokus nie net op akademie nie, maar speel ook saam rugby en dien op die koshuis se huiskomitee.”
Dit wemel van artse in die Krugerfamilie. Sy pa, Mannie, en oupa, Johan is geneeshere en sy suster, Christine is ‘n mediese student in haar vierde jaar.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Related Articles

Back to top button