NewsSchools

Gr. 1C werf meeste bloedskenkers

Die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos wat die meeste skenkers gewerf het tydens hul jaarlikse bloedskenkdag is met 'n partytjie bederf.

POLOKWANE – Dít is bo en behalwe die warmsjokolade wat hulle op die dag van die bloedskenk aan kon smul vir elke persoon wie vir hulle geskenk het.

Vanjaar se wenklas is as die gr. 1 C-klas aangewys en Christine Neethling se klas het verlede Donderdag die geleentheid met ‘n kinderete en lekkergoedpakkie gevier.

Die etes en lekkergoedpakkies is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) geskenk en SANBD Polokwane se Skakelbeampte, Dottie Pinn, het die geleentheid saam met die leerders geniet.

“Hierdie partytjie is spesiaal om vir die leerders dankie te sê dat hulle hul ouers en familie aangemoedig het om te kom bloedskenk. Daar is altyd ‘n nood vir bloed in die land en ons bedank ieder en elke skenker vir hul bydrae om lewens te red,” sê Dottie.

Oosskool het tydens vanjaar se bloedskenkdag altesaam 223 eenhede bloed geskenk.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button