Gemeenskap staan saam om kinders se nood te verlig

Welkome beskerming teen die winterkoue, lekkergoedpakkies en ure se pret op ‘n springkasteel het 70 minderbevoorregte kinders van regoor die stad se lewens Vrydagmiddag opgekikker. Die geleentheid is deel van Sent 2 Serve Ministries se Winterprojek wat dié organisasie in samewer­king met verskeie rolspelers aangebied het. Melville Botha, stigter van Sent 2 Serve, sê die …

Welkome beskerming teen die winterkoue, lekkergoedpakkies en ure se pret op ‘n springkasteel het 70 minderbevoorregte kinders van regoor die stad se lewens Vrydagmiddag opgekikker. Die geleentheid is deel van Sent 2 Serve Ministries se Winterprojek wat dié organisasie in samewer­king met verskeie rolspelers aangebied het.
Melville Botha, stigter van Sent 2 Serve, sê die Winterprojek se doel is om warm klere en ander noodsaaklikhede vir kinders wat in moeilike finansiële omstandighede verkeer in te samel. “Die kinders se ouers ontvang maandeliks kospakkies volgens Isabel van den Bergh, direkteur van Sent 2 Serve.
Ander rolspelers is die deerniskomitee van NG Kerk Pietersburg-Noord. Kinders en hul ouers is genooi om die middag in die lowergroen tuin van Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging deur te bring en ‘n stomende beker sop en broodjies te geniet.

Gert Strydom, algemene bestuurder van Garden Court Polokwane, deel sop uit.

Daarna het elke kind ‘n serp, mussie en kombers asook ‘n lekkergoedpakkie en hande­room ontvang waarna hulle na hartelus op ‘n springkasteel en klimrame baljaar het.
Die sop, brood en sommige van die komberse is deur Garden Court Polokwane geskenk, terwyl Toyota Knights die mussies gegee het. Die deernis­komitee, gemeente- en gemeenskapslede het komberse, serpe en lekkergoed geskenk en ingesamel. Van den Bergh sê dat die bedie­ning grotendeels van skenkings afhanklik is en dat daar steeds ‘n groot behoefte aan skryfbehoeftes en toiletware is.

Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Exit mobile version