NewsSchools

Experi-Maatjies wérk

Tasmin Emslie van Experi-Maatjies het onlangs met die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels om die jongspan aan wetenskap bloot te stel.

POLOKWANE – “Experi-Maatjies is ‘n opvoedkundige, buitemuurse program wat eksperimente gebruik om vir kinders te wys dat die wêreld van wetenskap pret kan wees.

“Ons behandel elke week ‘n bekende wetenskaplike en sy werk en dan doen ons ook ‘n eksperiment of bou iets van die wetenskaplike,” vertel Tasmin.

Tasmin het na skool menslikebewegingskunde en psigologie aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom studeer.

“Ek wou altyd kinderkinetika beoefen, en terwyl ek studeer het is ek deur Ryk Neethling genader om by sy swemskool, Swimming Stars™ Learn to Swim, te werk,” vertel sy.

Nadat sy, vanweë mediese omstandighede, haar werk by Swimming Stars™ Learn to Swim bedank het, wou sy onderwys studeer, maar het intussen ‘n Experi-Maatjies konsessiewinkel gekoop en begin werk.

“Ek geniet dit baie om met die kinders te werk. Veiligheid is ook belangrik in die klasse.

“Elke kind het ‘n veiligheidsbril en wit jas wat hulle tydens die lesse dra wat dit veilig én pret maak.”

Die fondasie vir aardrykskunde, sterrekunde, sosiale wetenskappe en wetenskap word by Exsperi-Maatjies gelê en elke kind kry ‘n pakkie om huis toe te neem wat aan ouers verduidelik wat in die klas behandel is.

Die kinders kry ook ‘n eksperiment om huistoe te neem.

Ander aspekte van die kind se ontwikkeling, soos taalvaardighede, hand-oogkoördinasie, sosiale vaardighede, wiskundevaardighede en probleemoplossing word ook deur die lesse bevorder.

“Daar is agt lesse per kwartaal en wanneer ‘n kind die program reeds gedoen het, is daar ook ‘n opvolgprogram.

Ek is ook beskikbaar vir kinderpartytjies en besoek gereeld skole waar ek demonstrasies vir die kinders doen om hulle belangstelling in wetenskap te prikkel,” vertel Tasmin.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button