Oosskool room van die oes in Grootskole rugbyfinaal
Groot opgewondenheid het verlede naweek by die Forever Resort in Bela-Bela geheers toe Oosskool se rugbyspanne as Limpopowenners aangekondig is tydens die Limpopo Grootskole eindwedstryde.
Oosskool se tweedespan saam met hul afrigter, Chris Smith. Afrigter Hennie Lourens, was afwesig met die neem van die foto.
Uitslae:
• o/9 klop Laerskool Thabazimbi 24-5.
• o/10 klop Laerskool Pietersburg-Noord 24-0.
• o/11 klop Laerskool Tzaneen 7-5.
• Tweedespan klop Laerskool Thabazimbi 3-0.
“Baie geluk aan die spanne en hul afrigters. Dit getuig van harde werk en deursettingsvermoë,” het Skoolhoof, Gideon Pelzer trots gesê.