Local NewsNewsUpdate

Imke se dapper stryd

[LUISTER] Haar pa het vanuit die hospitaal ‘n stemboodskap gestuur aan almal wat saam met hulle vir Imke bid en hulle as familie ondersteun.

POLOKWANE – Imke Geldenhuys (4) is ‘n dapper klein vegtertjie. Sy is vroeg in 2016, toe sy maar slegs drie jaar oud was, met neuroblastomata gediagnoseer. Dié soort kanker word gewoonlik gevind in kinders vyf jaar en jonger. Haar verhaal van hoop en volharding het Suid-Afrikaners aangegryp en verskeie projekte is geloots om geld in te samel vir haar behandeling.

Imke en haar familie, ma, Ilona, pa, Darius en kleinsussies Anebelle en Zielke, woon nou al vir ‘n geruime tyd in New York, waar Imke behandeling ontvang.

Sy het vier dosisse morfien ontvang, waarna sy Metaiodobenzylguanidine (MIBG) behandeling gekry het. Na dié behandeling was dit nie meer nodig vir morfien nie en kon sy vir ‘n paar weke sonder pynmedikasie klaarkom.

Ongelukkig is die pyn terug, daarmee saam bloeding en braking.

Haar pa het vanuit die hospitaal ‘n stemboodskap gestuur aan almal wat saam met hulle vir Imke bid en hulle as familie ondersteun.

“Ons vra dat almal saam met ons sal bid. Die afgelope twee weke was geweldig moeilik vir ons.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button