POLOKWANE – Vroeg in elke kind se lewe leer hy al dat A is vir appel en B is vir beer. Die eerste letter wat kinders leer is die van hulle naam, of dit nou P is en of dit nou Q is, dit is gewoontlik die eerste letter wat hy leer.
Op Vrydag, 23 Junie, het leerders van Laerskool Pietersburg-Oos die geleentheid gehad om kreatief te raak en aan te trek soos die eerste letter van hul naam op ABC-dag.
Daar was engele, hansworse, drake en seerowers. Selfs die onderwysers het nie agtergebly nie, en Juffrou Rita Gadney was Rooikappie terwyl Juffrou Hesti Ludick ‘n heks was.