Deel in die vreugde van pa-wees

Plaaslike inwoner, Leandro Visagie, deel vandeesweek met lesers watter raad hy by sy pa gekry het wat hy nou deelmaak van hoe hy sy kinders opvoed.

POLOKWANE – Leandro is Laerskool Pietersburg Noord Primary se hoof, Attie Visagie, se seun, en beskou hom as ‘n mentor. “Jy as pa kan nie vir jou kinders ‘n klip gee, as hulle brood vra nie,” vertel hy.

“My pa het my altyd geleer dat as ‘n pa, moet jy ‘n geduldige stem hê wat ferm is en daardeur kan jy jou stempel op jou kinders afdruk. Dit is blywend,” vertel hy.

Hy vertel dat hy aan sy kinders die woorde “ek is lief vir jou” en “ek is trots op jou” uit sy hart kom en dat aardse dinge nie ‘n ouer se trots behoort te wees nie, hul kinders wel.

“Om pa te wees beteken om vir jou seuns en dogters ‘n voorbeeld te stel en hulle op die hande te dra wanneer jy by hulle is, en ook wanneer jy nie daar kan wees nie.”

Met sy vierde bondeltjie vreugde oppad vertel hy dat pawees vir hom die lekkerste ding op aarde.

“Dit is nie iets wat makliker of moeiliker raak met tyd nie. Jy leer uit jou eie foute en daar waar jy nie alles weet nie, gaan die kinders jou verseker reghelp. Jy leer meer met elke kind,.” vertel hy.

Sy raad aan ander pa’s is om altyd net jou beste te doen, ongeag die omstandighede.

“Hulle verdien jou beste want hulle is die beste wat jy kan doen. Moet nooit ophou om kinders te laat weet hoe lief jy vir hulle is en hoeveel hulle vir jou beteken nie. Jou vrou en kinders moet altyd jou eerste prioriteit wees.”

 

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version