Local NewsNews

‘Jou kind se opvoeding is jou plig’

Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum deel die volgende met ons lesers:

Kinderbeskermingsweek  in die eerste week van Junie herdenk en vadag is dit Jeugdag.

Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum deel die volgende met ons lesers:

“Ek dink hierdie nasionale geleenthede om bewusmaking van hierdie onderwerpe te hê, gaan soms by ons verby sonder dat ons veel aandag daaraan skenk. Wanneer mens in die beroep van maatskaplike werk staan kry ons egter daagliks daarmee te doen dat ons nie genoeg doen om ons kinders te beskerm teen die geweld, verwaarloosing en aanrandings wat teen hulle gepleeg word nie.

“Die oomblik wat daar ‘n klein lewetjie gevorm word in jou, begin jou taak as ouer om verantwoordelikheid te neem vir daardie kind se lewe. Dit is nie net nog ‘n manier om geld by die staat te kry vir jou lewensmiddele of behoeftes nie, dit is ‘n lewe wat gevorm moet word om eendag ‘n respekvolle, waardige volwassene te word.

“‘n Mens wat sy of haar plek in die sameleweing kan volstaan. Jy as ouer is daar om hierdie kind te beskerm, veilig te laat voel, stabiliteit te gee, te versorg en op te voed om die beste persoon te word wat hy/sy kan wees.

“Maatskaplike werkers kry te doen met tieners rondom die ouderdom van 13 to 15 jaar wat gemolesteer word en dan te bang is om die persoon verantwoordelik aan die lig te bring. Soms omdat hulle bang is wat hul ouers gaan sê of doen. In ander gevalle is hulle bang oor wat met die oortreder gaan gebeur of hulle voel dat hulle die oorsaak van die gebeurtenis is deur iets wat hulle verkeerd gedoen het.

“Ouers wees asseblief bedag daarop dat die meeste seksuele oortredings binne u eie huis of vriendekring gebeur. Die hof proses is baie uitmergelend.

“Dit is ook ‘n krimenele oortreding om jou kind van 13 of 14 jaar oud toe te laat om ‘n verhouding met ‘n ouer volwasse persoon te hê van byvoorbeeld bo 18 jaar oud is.

“Statutêre verkragting word dan van toepassing al gee hierdie minderjarige toestemming. As ouer is jy die volwasse persoon wat moet weet dit is verkeerd en teen die wet.

“Sorg dat jou verhouding met jou kinders, seun of dogter, van so aard is dat hulle altyd die vrymoedigheid sal hê om oor enige iets met jou as ouer te kan praat.

“Voed hulle so op dat hulle met vertroue na jou as ouer kan kom met enige vrae wat hulle mag pla. Wees daar vir jou kind in goeie en slegte tye, want jy is die pa of ma en hulle veilige hawe.

“Ons as volwassenes het ‘n baie groot taak om ‘n voorbeeld vir ons kinders te wees, want jou kind is wie jy hom maak deur die voorbeeld wat jy vir hom is.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button